Help ons ...
om wanneer ons eensaam voel,
ander eensames op te soek;
om wanneer ons hulp nodig het,
ander te help wat hulp nodig het;
om wanneer ons min het om van te leef,
die bietjie wat ons het te deel met ander wat nie het nie;
om wanneer ons ongeduldig en ongelukkig voel,
ander ongeduldiges en ongelukkiges by te staan;
om wanneer ons 'n geliefde aan die dood afgegee het,
meegevoel te betoon met ander wat dit ook moet deurleef;
om wanneer ons moeg is,
ander wat moeg is, op te beur.
[Aletta Lübbe]