Saturday, 7 June 2025

Kerkgenotjies: Logika

** Een van die gemeentelede is in die bed met griep. Haar man wil vir haar 'n koppie tee maak, maar hy kon nie die teesakkies in die kombuis kry nie.
Toe hy haar vra waar dit is, antwoord sy vererg: "Ek weet nie wat makliker is nie. Dit is agter op die kruidenierskas se boonste rak in 'n koffieblik gemerk melkpoeier."

** Wat is die definisie van intuïsie?
Die vermoë van 'n vrou om haar man te weerspreek nog voordat hy iets gesê het.

** Die dominee kom met huisbesoek by Mike se huis aan. Hy voel beswaard omdat Mike weier om sy tiende te gee.
Mike vervies hom vir die dominee en sê: "Dominee, dit is nou genoeg hieroor. Ek is nie skaam om te gee nie. Ek sal selfs meer as 'n tiende gee. Ek sal 'n twintigste gee!"

** 'n Rooms-Katolieke priester en 'n Joodse Rabbi was vriende en het soms mekaar se been getrek.
Eendag vra die priester vir die rabbi wanneer hulle sy lekker vet varkie kan slag en eet.
"Nee, broer, ek bêre hom vir jou troudag," antwoord die rabbi.