Kort daarna het die Firecamp-weekopleiding plaasgevind wat deur ds. Ensie en Coen meegemaak is. Dit was 'n volle week van intensiewe evangelisasie as voorbereiding vir die Jesus-week daarna, wat deur Christ for All Nations aangebied is. Na die Jesus-week is daar voortgegaan met straatwerk. Die Here is vir ons goed. Een spesifieke dag was daar 6 oorgawes.
Mense kry swaar en is honger vir 'n boodskap van hoop. Mettertyd het lede van ander kerkgroepe ook begin aansluit. Verlede Sondag het ons 'n kleutergroepie in Greenpoint besoek. Die diensgroep is opgewonde ... die potensiaal is só groot ...
Ons bid dat die Here arbeiders vir sy oes sal stuur ...
Eerste kleuterklassie in Greenpoint |
Foto's: Coen Visser