* 'n Slak sleep die polisiekantoor binne.
"Ek is so pas beroof!" kla hy.
"Deur wie en waar? vra die konstabel.
"Deur tien ander slakke, net hier buite op die hoek van die straat."
"Sal jy hulle herken?"
"Ek dink nie so nie ... alles het net te vinnig gebeur!"
* Op 'n dag val 'n muis in 'n vaatjie wyn. 'n Halfuur later kom die kat daar verby.
"Help! Help, my asseblief," smeek die muis. "Kry my net hier uit!"
"En hoekom," vra die kat, "sou ek dit wil doen? Wat gaan ek vir my moeite kry?"
"Jy kan my vir aandete kry. Ek wil net nie in die vat wyn versuip nie."
Dit klink vir die kat na 'n aanvaarbare ooreenkoms en hy haal die muis uit die vaatjie. Die muis het skaars grond gevat, toe laat wiel hy.
"Haai, wag 'n bietjie," roep die kat agterna, "dit was nie deel van die ooreenkoms nie. Jy het belowe ek kan jou vir aandete eet!"
"Ja," skree die muis oor sy skouer, terwyl hy skuiling tussen die plante soek, "maar dit sal jou leer!"
"Wat leer?"
"Om jou nie aan ander mense se dronkpraatjies te steur nie."
[Dankie, Susan, Johannesburg]