Jou God is die lewende God van Abraham, Isak en Jakob; dit is nie 'n God met mensehande gemaak nie; 'n ewige God is Hy, van die voortyd af.
Niemand kan jou God vernietig nie, want niemand kan voor Hom stand hou, sonder die geregtigheid van Jesus Christus nie.
Vers 35 en 36 sê, dat die engel van die Here honderd-vyf-en-tagtigduisend Assiriërs verslaan het en hulle het opgeslaan en in Ninevé gebly.
God sal jou van jou vyande red, moenie die Heilige God van Israel onderskat nie, maar vertrou op Hom, die enigste God.
Here God Almagtig, ek vertrou U vir wie U is. U is regverdig en ewig getrou aan u woord en U sal nie u geliefdes in die steek laat nie. U het my met u bloed gekoop en vrygemaak van die sonde wat my gebind het aan die dood. Vir ewig sal ek u Naam verhef en almal sal weet, U alleen is die God van hemel en aarde. U alleen maak mense vry van die dood en net U kan lewe gee. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]