Saturday, 1 March 2025

Kerkgenotjies: Kinders

* Jare terug het 'n bekkige Kaapse dogtertjie van amper 4 jaar gepraat van antie so-en-so en antie dit-en-dat. Haar ma verduidelik toe vir haar dat wanneer 'n mens Engels praat, is dit aunty en wanneer 'n mens Afrikaans praat, is dit tannie, nie antie nie. 

'n Paar dae later raak Roxy siek en die dokter skryf vir haar medisyne voor. Op pad huis toe, kry Roxy se  ma gou die medisyne by die apteek. Roxy begin sommer dadelik met die medisyne.
Roxy: Watse medisyne is hierdie?"
Ma: "Dis antibiotika - dit gaan jou sommer gou-gou gesond maak."
Roxy: "Nee. Mamma bedoel seker tannie-biotika."

* Op 'n dag begin 'n skilpadjie boom klim. Hy sukkel verskriklik, maar na 'n paar uur is hy uiteindelik bo.
Hy spring in die lug, sprei sy voetjies ... en doef! beland hy op die grond. Nadat hy beygekom het, begin hy weer die lang tog boontoe. Die pa-duif draai na die ma-duif en sê: Skat, ek dink dis tyd om vir Danie te vertel hy is 'n aangenome kind."