Sunday 6 November 2022

Die rooi sambreel


Die boere in 'n klein plattelandse gemeenskap het nie geweet wat om te doen nie. Dit het vir hulle gelyk asof die droogte vir ewig sou voortsleep. Reën was uiters belangrik vir hierdie gemeenskap om te oorleef. Namate die probleem vererger het, het die plaaslike kerk gevoel dat dit tyd was om betrokke te raak en 'n biddag vir reën is gereël.

Toe die predikant opdaag, het hy toegekyk terwyl sy gemeentelede een na die ander inkom. Hy het stadig van die een groep na die ander beweeg, terwyl hy sy weg vorentoe in die stampvol kerk gebaan het. Toe hy voor by die preekstoel kom, wou hy die gemeente tot stilte maan, sodat die diens kon begin. Net voordat hy die versoek aan die gemeente kon rig, sien hy 'n elfjarige dogtertjie in die voorste ry. Sy het met 'n engelagtige glimlag van opwinding daar gesit met 'n helderrooi sambreel langs haar, gereed om gebruik te word.

Hierdie prentjie was so pragtig en onskuldig dat die predikant by homself geglimlag het, want hy het besef dat hierdie jong dogtertjie die geloof gehad het, wat die res van die mense in die vertrek skynbaar reeds vergeet het.