Friday 8 September 2023

Afkondigingsblapse

Aangesien dit Paassondag is, sal mev. Van der Merwe gevra word om 'n eier voor die kansel te kom lê.

Willem Cloete en Ann MacCarthy is op 20 Augustus in die kerk getroud. So het 'n vriendskap wat sedert skooldae strek, tot 'n einde gekom.

Vandag sal daar twee byeenkomste wees - aan die bopunt en aan die onderpunt van die kerk. Kinders sal aan weerskante gedoop word.

Vir diegene wat kinders het wat nie daarvan weet nie, is daar 'n kleuterkerk in 'n ander lokaal.

Daar sal Donderdagmiddag om 17:00 'n vergadering van die Jong Mammas-klub wees. Almal wat graag 'n jong mamma wil word, moet asb. eers die predikant in sy studeerkamer ontmoet.

Gedurende die afwesigheid van ons pastoor, het ons die besondere voorreg gesmaak om weer 'n goeie preek te hoor toe ds. AP Smit ons besoek het.

Volgende Sondag sal mev. Venter solis wees tydens die oggenddiens. Die predikant sal dan preek oor Wat 'n aaklige belewenis.

Klik HIER om jou gemoed 'n bietjie te lig.  

[Dankie, Tannie Alida, vir hierdie goeie misverstande.]