maar soveel het my te doen gestaan,
dus was dit van korte duur.
Ek moes my na my werkplek haas,
anders kon dié aan wie ek iets skuld,
my aangluur.
Derhalwe het ek gekniel,
Derhalwe het ek gekniel,
gou 'n gebed gedoen;
en vinnig van my knieë opgestaan.
My Christelike plig was tog nou nagekom,
so my siel kon in rustigheid weer voortbestaan.
Die ganse dag het die tyd ontbreek
Die ganse dag het die tyd ontbreek
om 'n woord van bemoediging teenoor iemand te spreek.
Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
hulle kon met my die draak steek.
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
dit was my voortdurende klaaglied
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
maar eindelik baie tyd:
dít wat die dood aan my bied.
Met neergeslane oë het ek voor die Here verskyn
en daar moes ek staan en bewe,
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
dit was die Boek van die Lewe.
"Jou naam verskyn nie in my Boek nie," sê God toe Hy met my spreek,
"Ek wou dit op 'n keer neerskryf, maar die tyd daarvoor het ontbreek".
('n Variasie op verlede week se TYD-gedig. Klik HIER om dit weer te lees!)