Daarom neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het staande kan bly.
... terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees,
[Gaan lees self weer die gedeelte tussen die 2 verse oor die uitleg van die wapenrusting.]
Die feit is dat ons die wapenrusting moet aantrek en daarby moet bid en by God moet smeek in die Gees by elke geleentheid.
Die gebed is een van sterkste wapens wat ons kan hê. Die Gees versterk en verbeter ook elke deel van die wapenrusting.
Ons moet ook vir mekaar bid en veral vir ons predikers (herders).
Die Satan se aanvalle word al hoe meer, veller en sterker.
Here my God, aan U bring ek vanoggend die lof en die aanbidding. Ek sal my mond oopmaak, om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak. Ek bid dat U elke mens sal toerus met die volle wapenrusting, sodat al U kinders staande kan bly op die dag van onheil, in Jesus se Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]