Inhoudsopgawe:
1. So sê die Woord (bl. 1)
2. Vrouediens (bl. 2)
3. Jeug (bl. 2)
4. So sê die gemeente ... (bl. 5)
5. Troosdae (bl. 8)
6. Van alles en nog wat (bl. 8)
7. Senior Burgers (bl. 9)
8. Ons stel voor ... (bl. 10)
9. Om die draai - Novembermaandaktiwiteite (bl. 11)
10. Mooi gedagte: Tyd (bl. 12)
11. Inkleurprent vir die kleuters (bl. 13)
Elke vereniging of aktiwiteit het maandeliks verslag gedoen oor hul doen en late die betrokke maand en het net so geraak aan wat die volgende maand op die lede wag. Op hierdie manier is daar deeglik rekord gehou van wat in die gemeente gebeur. Hierdie tipe inligting is van onskatbare waarde as daar in die geskiedenis van die gemeente gedelf word.
Daar gaan die volgende paar Vrydae uittreksels uit "Die Dorstfontein" van Oktober 1986 gegee word.
[Letsie Joubert het o.a. "Die Dorstfontein" getik.]
