Thursday, 9 October 2025

Dink hieroor: In ons kitssamelewing ...

In ons kitssamelewing 
waar alles só vinnig herstel 
of liewer vervang word, 
is daar nie 'n kitsoplossing vir seer nie. 
Baie mense troos jou met die woorde dat tyd genesing bring - 
miskien is dit waar ... vir sommiges ... 
Die enigste tydelike heling, 
is jou herinneringe. 
Die herinneringe wat jy oor jare bymekaar gemaak het
en gekoester het.
Daardie herinnering is 'n pleister vir die seer.  

[Anoniem]