* Japie uit 'n drooggeteisterde Namakwaland het in 'n hoë reënvalgebied gaan kuier. Toe hy die eerste keer reën sien, het hy flou geval. Dit het drie emmers sand gekos om hom by te kry.
* Mnr. Ellis vat vir Jannie wat sy vrugte gesteel het na Clarence se polisiestasie toe.
Sersant: "Ou seun, dis jou eerste misstap en ek gee jou net 'n waarskuwing: jy moet altyd voor die duiwel vlug."
Jannie: "Ek het, Sersant, maar hy het my gevang voordat ek deur die draad was."
* Twee plattelanders loop 'n relatiewe klein restaurantjie in die stad binne.
"Bedien julle krewe hier?" vra hy aan die kelner.
"Sit maar, Meneer," antwoord die kelner ewe droog, "ons bedien enige iemand."
* 'n Knoffeltoebroodjie is twee stukke brood wat in slegte geselskap verkeer.