Thursday 23 May 2024

Verjaar op die kerkbasaar


Iemand wat presies geweet het om haar verjaardag reg te kies, is 'n bekende en betrokke gemeentelid, Sarie le Roux (óf het iemand dalk die basaardatum reg gekies?)

Hoe dit ookal sy, dit is 'n uitstekende keuse - jou vriende en familie kan vir jou op heerlike basaarlekkernye trakteer of andersom is net so 'n goeie oplossing.   

Op hierdie geseënde ouderdom is sy nog aktief betrokke by die werksaamhede van die gemeente en help sy ook by die klerewinkel.  Die goeie wense het sommer vroeg-vroeg, voordat die basaar in volle swang was, deel van haar dag geword. Mag hierdie dubbele vreugdedag deel wees van jou lekker herinneringe. Op die foto wens Elsa Minne haar goeie wense toe. Mag hierdie nuwe lewensjaar oorloop van goeie gesondheid, seën en vreugde.