*5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
*6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
*7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Met 'n glimlag op my lippe dra ek warmte en vriendskap oor aan ander.
Vandag glimlag ek ...
Vandag glimlag ek ...
Met 'n lied in my hart, erken ek die inherente goedheid wat daar in die ganse skepping is.
Met 'n lied in my hart, bly ek die hele dag kalm en rustig.
Met 'n lied in my hart, kan ek my blydskap met ander deel.
Vandag sing my hart ...
Met vriendelikheid teenoor almal, deel ek die seëninge uit wat ek vandag het om uit te deel.
Alles wat ek vandag doen, bevorder goeie verhoudinge en harmonie.
Vandag beoefen ek die vrug van die gees prakties.
Ek is begrypend en geduldig, gedagtig aan die behoeftes van ander en op die uitkyk vir geleenthede om liefde en vriendelikheid te betoon.
Vandag is ek vriendelik en behulpsaam ...
Ek onderneem plegtig om vandag met 'n glimlag op my lippe en 'n lied in my hart, vriendelik te wees teenoor 'n ieder en 'n elke wat my pad mag kruis ...
VANDAG IS EK 'N ADVERTENSIE VIR 1 KOR. 13!
