Tuesday, 17 March 2026

Mandjie Hoop: Hy verander my!

Treetjie vir treetjie lei Hy my, 
dra Hy my, 
kom soek Hy my, 
leer Hy my, 
stuur mense na my, 
voed Hy my, 
sorg Hy vir my, 
gee my manna en heilige water, 
vra Hy my om te getuig van Hom want sien
Nie ek nie,
maar God verander my in Sy kind, 
'n Christus-volger. 
God verander my gedagtes, 
my denke, 
my hart van vrees of klip. 
God was my en gee my witte klere, 
salf vir my oë, 
'n nuwe naam en 'n naamplaatjie. 
God gee my geloof, 
Sy Heilige Gees, 
'n nuwe lid, 
'n nuwe krag, 
God maak my heel, 
gesond en heilig.