Sunday, 2 November 2025

Mossiestilte: Ps. 94:18&19

As ek dink: My voet wankel - dan ondersteun U my, o Here!
As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroosting my siel.

Ter ondersteuning gee ek jou nou vanuit Ps. 91 antwoorde, vers 1-6: 
Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,  my God op wie ek vertrou. 
Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger; van die verderflike pes.
Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en 'n pantser. 
Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

Dankie, Here, dat ek by U kan skuil. U bedek my met U vlerke en U is my skild en pantser vir die aanslae, wat maak dat my voet wil wankel. Ek vertrou op U, U is my bergvesting en die plek waarheen ek vlug as my gedagtes binne-in my vermenigvuldig en ek angstigheid beleef. U sal my red uit al die vyand se planne. U Naam sal ek vereer en groot maak. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]