Friday, 14 November 2025

Gedig: Die biddende hande

Die "hande in gebed gevou"
is meer as kuns - veel meer.
Dit is 'n sieleskepping;
'n offer tot die Heer ...
'n Meesterskeppingswerk is dit,
van liefde onbeperk;
simbool van onbaatsugtigheid -
dog onbekroonde werk.
Die hande ru, deur werk verweerd,
is 'n toonbeeld van die man
Wat in sy plig, sy roeping,
beantwoord aan Gods plan ...
En hy wat in die Heer se Naam
iets prysgee of selfs ly,
Sal in die "Hemelsaal van Roem"
met lof erkenning kry.
En wie kan sê met watter maat
word ons talent gemeet -
Wie in ons Hemelvader's oog
die grootste is? Wie weet?

[Helen Steiner Rice]