Een van my kollegas by die werk vertel in kleur en geur tydens teetyd van sy dieet.
"Ja, ek handhaaf 'n gebalanseerde dieet, selfs gesond. Ek sorg dat ek elke dag een van al die voedselgroepe inkry: die suikergroep, die southappiegroep, die kafeïengroep en die wat-ook-al-die-ding-in-die-tinfoelie-agter-in-die-yskas-is-groep."
Tydens teetyd bespreek vrouens hulle mans se drinkgewoontes en wat daarmee gepaard gaan.
"Nee, jong, my man se lyf is nie gemaak vir drank nie. Die laaste keer toe hy 'n slukkie van myne geneem het, het hy 'n hysbak gekaap en die operateur beveel om hom Frankryk toe te vlieg vir die Olimpiese Spele."
Dieselfde vrouens tydens 'n Maandag-teetyd. Weer is die mans die onderwerp van bespreking, maar hierdie keer gaan dit oor argumente.
'n Jong getroude personeellid: "Wat maak 'n mens as jy en jou man in 'n argument betrokke raak?"
Een van die meer senior dames: "Ek het al dikwels dat my man die argument wen. Maar ek het altyd geweet ek is reg."
[Dankie, Anoniem van Bloemfontein, vir jou insette.]