Wednesday, 12 February 2025

Mossiestilte: 1 Pet. 5:7

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Die belangrikste deel van die vers is dat God sorg vir jou.
Vandag sal God aan jou bewys dat Hy is jou Voorsiener. Al sien jy dit nie en voel jy, jy het iets verloor in die proses, onthou dat alles gebeur ten goede vir hulle wat in God glo.

Sou jy dalk iets "wen" uit 'n situasie, dank God vir sy voorsiening; onthou, God laat dit reën oor die regverdige en die onregverdige; God is dus nie 'n aannemer van die persoon nie.

God is 'n regverdige God en sal vir elkeen voorsien soos Hy na sy plan oor jou goed dink. Werp dus jou bekommernisse op Hom en moenie laat jou bekommernisse oor jou die oorhand kry nie; God sal voorsien waar jy dit nie verwag nie.

Here, ek verneder myself onder u kragtige hand, sodat U my sal verhoog op die regte tyd; ek laat dit aan U oor (vers 6). Van U is my verwagting. Laat ek nooit van myself meer dink as wat ek is nie. U tyd is vir my belangrik. Wanneer die Opperherder verskyn sal ek die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang (vers 4). Die eer en heerlikheid kom U toe. Amen.

[Aangetuur deur Pieter Swanepoel]