Die Vader het die rots, Jesus, geslaan (deur Moses se hand en staf) vir jou sondes in die dae wat jy rondgeswerf het in die woestyn van sonde. Jesus is die Allerhoogste God. Die dag wat Hy aan die kruis vir jou gesterf het, het jy onmiddellik toegang tot die lewende water gekry. God dek 'n tafel vir jou in die woestyn en jy eet brood wat engele eet (verg. vers 19 en 25)
Vandag sal God aan jou, jou daaglikse voedsel voorsien.
Here, ten spyte van my ontrouheid, is U barmhartig teenoor my. U het my ongeregtigheid versoen en my nie verdelg nie, dikwels wend U, u toorn af en wek U nie al u grimmigheid op nie. U weet ek is net vlees en is dikwels wederstrewig teenoor U (verg. vers 37 tot 40), nogtans voorsien U my daaglikse brood en die lewende waters les my dors. Ek eer en verheerlik u grote en getroue Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]