Wednesday, 26 February 2025

Mossiestilte: Job. 42:4-6

Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my.
Volgens hoorsê ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
Daarom herroep ek en het berou in stof en as.


Die dag wanneer God met jou praat sal jy bewe soos 'n riet; Jou vlees en jou hart kan ingee soos met Jesaja en Johannes. Dan sal alles wat jy geleer het en weet, soos niks wees voor God. Jou skaamte sal ontbloot wees voor God en met berou sal jy omverskoning vra. Sy kennis en wysheid sal jou leer, vra van die Here en Hy sal hoor en Hy sal jou leer.

Here, aan U gee ek myself oor. Vrees het my beetgepak toe u stem praat. Ek leer by U. Met vrees en bewing het ek gehoor toe U my naam uitspreek en tog was dit die mooiste klank vanuit u mond. Hoor tog Here en leer my in Jesus Naam. U vervang die die vrees vir wêreldse dinge met die vrees vir God; wysheid wat van U af kom. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]