Sunday, 2 February 2025

Mossiestilte: Mat 6:34

Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.


God het klaar die antwoorde vir die dag van môre. Bekommer jou dus nie oor môre nie. Kyk uit vir God se seën oor jou vandag.
 
Elkeen wat bid ontvang (7:7); i.p.v. om jou te bekommer, begin om tot God te bid. As jy sukkel daarmee begin om die Psalms te lees, of vind 'n vriend wat saam met jou kan bid. God sal vir jou voorsien; Hy weet klaar wat jy wil bid nog voor jy begin; stel jou vertroue in die Here.

Here en Almagtige God, ek kom om tot U te bid vandag. U weet watter probleme vir my wag. U ken my tekortkominge. U alleen is my Verlosser. U voorsien daagliks vir my wat ek benodig. U verander my donker in lig. In my vallei is U steeds my God. Vandag gaan ek met gejubel in, want U maak my pad gelyk en beveel u engele om my op die hande te dra. U genade is vir my genoeg. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]