Terwyl die
man nog besig is, kom 'n persoon van die anderkant aangestap en vra vir die boemelaar ’n stukkie pizza. Sonder enige huiwering, gee die boemelaar vir hom ’n stuk en sit en
smul die twee vreemdelinge lekker.
Dis ’n
eenvoudige verhaal van ’n boemelaar wat honger ken, wat weet hoe dit voel as iemand jou uitskel en wegjaag, wat weet wat dit is om soos ’n hond behandel te word. Al het hy min, deel hy graag,
want hy wil nie ander mense soos ’n hond laat voel nie.
Op ’n
manier het die omstandighede waarin die boemelaar is, hom gevorm. Op ’n manier
het God die omstandighede gebruik om hom te vorm. Op ’n manier het God hom
vaardighede gegee om goed te doen aan ander, al sit hyself nie goed daarin
nie.
Ons groot gemeenskaplike doel op aarde is om ’n verskil te maak. Orals waar ons gaan, wil God ons gebruik om ander mense se lewens te verryk. God wil ons gebruik om goed te doen.
Hiervoor hoef ons nie eintlik te gaan swot nie. Ons hoef nie spesiale kursusse te volg om dit te doen nie. Nee, God gebruik die omstandighede om ons te vorm, sodat ons hierdie gawe van uitreik en goed doen, wat ons ook van Hom ontvang het, te kan deel.
Ons elkeen
is gebore met ’n gawe, sommige het meer gawes as ander gekry, sodat ons vir ander die lewe 'n bietjie makliker en
lekkerder kan maak. Dit is outomaties deel van die pakkie. Maar op ’n manier kry
sommige dit reg om dit onder ’n emmer te sit en nie ’n stukkie van hul pizza te
deel nie.
'n Mens wonder
hoekom sal ’n boemelaar ’n stukkie van sy min deel en die restaurant-klante, wat
oorgenoeg het, die ander se honger nie raaksien nie of net ’n veer daarvoor
voel?
Ons los voetspore in harte van mense - veral hulle wat minder as ons het.