Jesus nooi jou vandag uit: Kom na My toe, Jesus is die Messias, jou Verlosser, sy planne is reeds uitgewerk vir jou; daardie swaar las wat wat die wêreld of jyself jou laat dra, wil Hy vanoggend weg neem en jou rus gee.
Sy juk is sag op jou, leer van Hom; jy weet nie eers sy juk is op jou nie, so sag is dit. Hy is sagmoedig en nederig van hart en Hy kom gee jou vanoggend rus vir jou siel. Kom na Hom toe en verloor jou in sy sagmoedigheid en nederigheid; steek jou hande uit na Hom en ontvang in oorvloed wat Jesus vir jou in stoor het. Sy juk is sag en sy las is lig, teenoor die wêreld se hardheid. Dalk is jy hard op jouself.
Here, my Verlosser, ek reik uit na U vanoggend en kom sit by U voete. by u voete is daar oorvloed van rus en vrede, is daar genesing en verkwikking, is daar rykdom en blydskap. Ek kom om U te verheerlik en myself in u heerlikheid te verloor terwyl ek saam met U in hemelse plekke sit. Laat u koninkryk kom op my en my gesin en my vriende en op aarde, net soos in die hemel. Ek sien die hemel geopend en die engele van God opklim en neerdaal (verg. Joh1:52). U gee my u volheid, my barmhartige Vader. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]