Oraloor is daar vyandiggesindes teen jou. Sommiges hou glad van wie of wat jy is nie, ander glo jy is vals, terwyl sommiges net in hulleself glo en alles wat jy sê sal teenstaan. God wil jou vanoggend gerusstel, en laat besef dat Hy jou enigste antwoord en uitkomste is in alles wat jy doen of sê.
Hy is die God van jou heil en Hy sal jou hoor. Nou maak dit regtig nie meer saak wat ander teen jou sê of doen nie. Sien uit na God se aanraking, Hy hoor jou pleidooi en sal jou antwoord en uitlei.
Dankie, Here, U is die God wat sien; U is die God wat hoor en U maak my paaie gelyk. Ek kan niemand vertrou nie, maar ek sien uit na u besoek en u antwoord. Net U bly getrou, die God van heil. Ek sal op U wag want self is ek swak en onverstandig. Met U loop ek 'n bende storm en met U spring ek oor 'n muur. U is my beskerming in die donker en in die dag van onheil. Net op U wag ek! Amen.