Friday 9 August 2024

Ek is vrou ...

Ek stoot deure wanneer ek dit moet trek.
Ek praat met myself as ek goeie advies nodig het.
Ek stap in 'n vertrek en ek vergeet hoekom ek daar is.
Mode is klere wat nou vir my pas.
My lewe draai om my kinders en sal my tekort doen om my kinders te help.
Ek tel op my vingers.
Ek wens soms ek kan myself vir 'n paar minute in die tuimeldroër gooi ... en kom dan plooivry en 3 sizes kleiner uit.
Om oud te word moet klein bietjie langer vat.
Ek wys nie as ek seer het nie.
Ek huil baie meer as wat jy dink.
Ek gee om vir mense wat nie vir my omgee nie.
Ek probeer alles gedoen kry voor die mikrogolf  BEEP!
Ek is vrou en 'n DRUKKIE help altyd!
Ek besef elke dag ek kan nie sonder God nie.
Ek is vrou en dis 'n voorreg!

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie op Vrouedag met ons deel.]