Friday 2 August 2024

Sally Aucamp salueer 'n hartsmens

Allan was 'n man met 'n fyn waarnemingsvermoë, iemand wat gehoorsaam geluister het na die stem van God en Sy opdragte uitgevoer het. (Lees HIER die verhaal waar Allan God se afspraak met 'n kind nagekom het - die rolmodel van hoop.) 

Hy kon probleme aanvoel en raaksien en met sy omgeehart het hy opgetree. Hy is iemand wat spore in ander mense se harte gelos het. Om sy uitreikdrome te laat realiseer, het hy hande en voete nodig gehad en dit het hy gevind in die persoon van Rina Groenewald. Saam-saam het hulle twee berge versit, beplan en gewerk. Ander helpers is dikwels ingetrek en het as 'n span saamgewerk, met Allan as die kop. Rina Groenewald, Natalie Willemse, Daphné de Beer en Endry Strauss was deel van sy span.

Allan mog fisies gestremd wees, maar hy het nie gestremd gedink en uitgereik nie. En vanuit sy rolstoel was sy uitreikboodskap aan die mense wat sy pad gekruis het, kragtig.   

Allan is sedert 2016 'n inwoner van Sally Aucamp, 'n tehuis vir volwassenes met liggaamlike gestremdhede. Hy is 'n boorling van Upington en na sy skoolloopbaan in Kimberley is hy terug Upington toe waar hy sedert 2001 by die plaaslike radiostasie betrokke was. Sy passie vir uitreiking het daar begin en die radiostasie het uitreikingsprogramme gehad nadat die behoeftes in die gemeenskap geïdentifiseer is.

Allan se raad aan sy luisteraars was altyd om na jou hart te luister en mag daardie raad na sy dood voortleef. 

Allan: "Daar waar jy kan help, moet jy help. Ons is op aarde geplaas om die spreekwoordelike persoon langs jou se nood ligter te maak." 

Allan, jy sal voortleef in die harte van die mense wat jy gehelp het en in die harte van hulle vir wie jy 'n mentor en 'n rolmodel was. Jou nagedagtes sal geëer word.

Lees HIER, HIER en HIER van sy berigte.