Saturday 24 August 2024

Kerkgenotjies: Goeie buurmanskap

Hennie se hond kom by die huis aan met die buurman se duur, ingevoerde Angora-konyn in sy bek. Die konyn is erg besmeer en duidelik dood. Hennie wil nie kwaaivriende met die buurman raak nie en maak ‘n plan: Hy was die dooie konyn deeglik, blaas hom met sy vrou se haardroër droog en gaan sit hom stilletjies in sy hok terug.
‘n Rukkie later loer die buurman oor die heining en sê: “’n Baie snaakse ding het gebeur. My konyn het gister gevrek en ek het hom begrawe. Vanmôre lê hy sowaar silwerskoon terug in sy hok.”