Sunday 4 August 2024

Mossiestilte: Efesiërs 6:10

Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

Hoe swakker jy is, hoe sterker is God. God is altyd kragtig, of jy 'n verhouding met Hom het of nie, Hy bly Almagtig. Plaas jou geloof in sy krag; begin elke dag in sy Naam. God maak jou sterk vir die stryd elke dag.

My Vader wat in die hemele is, ek bid U, om my geloof sterk te maak in U. Ek glo in U, en in die krag van u sterkte. Ek staan daagliks voor soveel uitdagings en moet op u krag en genade staat maak. Ek weet ek is gered en gereinig deur u bloed en U alleen is my heil en sterkte. Ek wil vandag u lof besing en aan U al die eer en heerlikheid bring in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]