Sunday 11 August 2024

Mossiestilte: Mal. 4:2&3

Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here van die leërskare. 

Vir jou wat God se Naam vrees, sal sy geregtigheid jou optel en krag gee. In die dag wat God skep, sal jy die bose vertrap. Jy sal gelukkig wees en huppel van vreugde. Jy het die volle maat van God ontvang en oorwinning is vir jou gegee.

Ek prys U, o God van die lewendes. U wat alles op aarde en die aarde geformeer het; U wat my na u beeld geskape het. U het my kom hervorm toe ek goddeloos gehandel het, toe ek nog in donker vasgevang was. Maar u son van geregtigheid gaan oor my op en beskerm my, ook genees U my en maak my vry van alle bande. Prys U almag en heerlikheid, Jesus my koning. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]