Sunday 18 August 2024

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

1. Ons Huis - die tehuis vir bejaardes - vir die inwoners, vir hulle in die siekeboeg en die personeel.
2. Sally Aucamp - die tehuis vir volwasse gestremdes - die inwoners, siekes, hulle wat mismoedig en depressief is en die personeel.
3. alle gemeentelede wat siek is, swaarkry en tans sonder werk is.
4. alle huwelike en gesinne!
5. vrede, verdraagsaamheid en wedersydse respek onder mekaar wat wyer kan uitkring.
6. ons gemeente dat ons God 1ste sal stel!
7. elke gelowige dat hulle die vrug van die Gees sal uitstraal.
8. die konferensie (The Kingdom of God) deur di. Ray Goddess en Mike Endicott - dat dit geseënd sal wees.
9. die genesingsdiens na die erediens, Sondag 25 Augustus 2024 - ds. Ray Goddess. 
10. ons land, regering en vir elke landsburger. (1 Tim 2:1-7)  
11. die verkondiging van U Woord in 'n wêreld wat al verder van U af wegdryf.
12. hulle wat in gevaarlike en moeilike omstandighede U Woord verkondig.

Die krag van gebed kan nooit onderskat word nie! Elkeen van ons het 'n verantwoordelikheid om vir mekaar te bid.