Monday 5 August 2024

Gebed by 'n Manne-ontbyt


Die nuwe dominee op die dorp word uitgenooi na 'n manne-ontbyt saam met 'n groep boere. Hulle vra een van die ouer boere om die seën vir die ete te vra.
"Here," begin hy, "U weet hoe ek karringmelk haat."
Die dominee is geskok. Hy loer onderlangs na die boer. Hy is ongemaklik, hy weet nie wat om te dink nie.
"Here, ek haat varkvet," bid die boer voort.
Die dominee is geskok. Hy loer weer onderlangs na die boer. Hy is ongemaklik, hy weet nie wat om te dink nie. 
"En Here, U weet dat ek rou koekmeel nie kan vat nie," bid die boer voort.
Die dominee loer weer en sien dat van die ander boere ook ongemaklik raak.
Die boer bid voort: "Maar Here, wanneer ons dit alles saamgooi, dit meng en bak, kry ons die lekkerste beskuit. So, Here, wanneer dinge gebeur waarvan ons nie hou nie, wanneer die lewe druk en ons sukkel om te verstaan wat U vir ons wil sê, help ons om te ontspan en op U te wag, terwyl U die bestanddele meng en die beskuit bak. Ons kan nie wag vir die beskuit nie. Daar is baie dinge waarvan ons nie hou nie en die mengproses is nie altyd lekker nie, maar kom ons ontspan en fokus op die eindproduk. Kom ons sien met verwagting uit na dit wat God vir ons wil gee. My "beskuit" is in die Here se oond!! Ek kan nie wag nie ...!
Amen!"