Friday 16 August 2024

Terugblik: Orreliste

Voor 1881 is daar geen bewyse van 'n musiekinstrument wat tydens die eredienste in die bokseilkerk en die kerktent gebruik is nie. Daar is wel melding gemaak van kore wat opgetree het. Die afleiding wat gemaak kan word, is dat daar van voorsangers gebruik gemaak is.   
Mev. Kriel: 1881-1887 (sonder betaling die harmonium bespeel)
Mnr. Vos: 1887-1889 (bespeel die musiekinstrument vir 2 jaar gratis)
Mev. HO Stiglingh: 1889-1899 (bespeel die orrel gratis)
Mnr. Burnett
Mnr. Anderson 
Mnr. A Ellis (Hy skenk die eerste bedrag van R20 op die waarborglys vir 'n nuwe orrel en hierdie gebaar spoor heelwat van die kerkraadslede aan om ook dieselfde te doen.    
Mej. Annie Maritz (Slabbert): 1916-1922
Mev. Ricca Vercueil (Van Reenen): 1922- Junie 1929
Mejj. A Holloway en Lombaard, mevv. K Reddie en Joubert: Julie 1929-1931 (tydelik) 
Mnr. Ras: 1931-1934 
Mej. L Collard: Junie 1934-Mei 1945 
Mev. Remerta van der Westhuizen kon die orrelispos eers aan die einde van April 1947 aanvaar weens siekte. Gedurende 1946 het die volgende 4 dames tydelik ingestaan:
Mejj. Lorna Bothma en Lena Anema en mevv. Van der Merwe en Van Rensburg 
Mev. AR van der Westhuizen: April 1947-Februarie 1979
Mev. R Brand: 1979
Mnr. GA de Ronde: 1979-1982
Mnr. D du Toit: 1983-1984 en 1986-1989
Mnr. TL Holmgreen: 1984-1985
Mev. B Cohen: 1985-1986
Mev. MP Coreejes: 1990-1996
Mnr. T Blignault: 1996-2020
Mev. B le Roux: 2020-huidig 

[Klik HIER vir nog inligting, en HIER vir die geskiedenis van Dutoitspan se orrel]