Saturday 17 August 2024

Kerkgenotjies: Taxidrywer

Die passasier tik die taxidrywer op sy skouer en sê vir hom iets. 
Die drywer skree, verloor beheer oor die kar, mis 'n aankomende bus met 'n haarbreedte, ry oor die sypaadjie en kom sentimeters van 'n vertoonvenster tot stilstand.
Vir 'n oomblik is alles doodstil, toe sê die drywer "Kyk meneer, dit moet jy nooit weer in jou lewe aan my doen nie. Ek het my half dood geskrik!"
Die passasier vra om verskoning en sê hy het nie geweet die klop op die skouer sou hom so laat skrik nie.
Die drywer antwoord: "Alles reg - eintlik is dit my skuld. Jy sien dit is vandag my eerste dag as 'n taxidrywer. Vir die afgelope agtien jaar het ek lykswaens bestuur!"