Tuesday 6 August 2024

Dankie, vir liefde ongekend

Here, soms is die pad vol dorings,
maar ek weet U sorg vir skoene aan my voete.
Soms is die opdraande steil,
maar ek weet U maak my pad gelyk.
Soms raak my bene moeg,
maar ek weet U gee my weer krag.
Dankie vir U liefde, Heer,
dis U wat my deur alles dra,
keer op keer.

[Dankie, Ena.]