Tuesday 18 July 2023

Sally Aucamp se 67-minute


Ds. Ensie en Allan
Sally Aucamp se 67-minute vir Madibadag-projek is geskoei op Nelson Mandela se woorde: “Wanneer ons ons lig laat skyn, laat ons ander onbewustelik toe om dieselfde te doen.“

Allan Visagie, een van die inwoners, het hierdie projek gereël. Die doel van vandag se uitreik was om die omstandighede gemakliker te maak vir hulle wat vandag by Beaconsfield se kliniek gestaan en wag het om gehelp te word. Die koue vaal wintersdag het dadelik van kleur verander toe heerlike warm sop en toebroodjies aan die wagtendes uitgedeel is. Daar was baie honger magies wat reeds van vroeg af in die ry gestaan het. Almal het genoeg gehad en daar was nog oor. Dit laat 'n mens onwillekeurig dink aan die Bybelse vissies en broodjies
Endry Strauss en Pulla
Leburu saam met
Allan.
wat aan die skare uitgedeel is en toe almal genoeg geëet het, het die dissipels nog twaalf mandjies vol kos opgetel wat oorgebly het.

Ons roeping as rentmeesters is om te dien en om 'n verskil in mense se lewens te maak. Mense wat 'n entoesiastiese en energieke Allan gehelp het om vandag die lig in ander se lewens te wees, was Rina, ds. Ensie, Endry, Pulla en Daphne. Ds. Ensie het 'n relevante boodskap van bemoediging gebring. 

Sally Aucamp se hartsprojek en omgeeprojek was geseënd. Die hand van ons Hemelse Vader was so duidelik sigbaar met hierdie uitreik en daarom weet ons dat die saad wat vandag by Beaconsfield Kliniek gesaai is, vrugte sal dra.

'n Groot dankie aan elkeen wat vandag tyd en bereidwilligheid vir hierdie saak gegee het.

Foto's: Rina Groenewald
'n Vrywillige werker by Sally Aucamp.



Allan is 'n uitreiker en 'n rolmodel. Lees die artikel HIER.