Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
Die gelowiges se uiteinde, is die bruilof van die Lam, die Woord van God, die Seun van God, die Koning van alle konings.
Die Here sal jou beklee met rein en blink fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam.
Wees dus bly en verheug jou daarin.
Here, u genade beklee my met rein wit klere. U geregtigheid het my herskep in regstaande posisie weer met U. Ek sal soos voorheen weer saam met U wandel in u heerlikheid en glorie. U het my duur gekoop met u bloed. Dit wat ek nie verdien nie, gee U aan my. Dit wat ek verdien, het U op Uself geneem en aan die kruis vasgenael. Dankie Jesus, U liefde het my gered. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]