Wednesday, 7 May 2025

Mossiestilte: Hand 2:21

Hand. 2:21 (Petrus pofeteer oor laaste dae vanaf vers 14 - 36) En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.


Sonder om soos 'n doemprofeet te klink, wil ek die woorde van Petrus aanhaal vir die laaste dae. Petrus noem die wonders van die vorige profeet Joël op.
Petrus sê dan die belangrikste van alles; daar is verlossing vir elkeen in die aanroep van die Naam van Jesus.
Ook voeg hy by dat Dawid ook geprofeteer het van die opstanding van Christus.
Nou het ons die Heilige Gees, wat Christus oor ons uitgestort het nadat Hy verhef is deur die regterhand van God. (vers 33)
God het Hom, Here en Christus (Messias, Verlosser) gemaak (vers 36).

Here, u dag het aangebreek, wat U vir my en die hele wêreld se sondes betaal het. U is my Messias en Verlosser, U het my sondes afgewas, U het my gereinig en geheilig, om in hemelse plekke te mag sit, saam met U en die Vader. U leer my steeds deur die Heilige Gees, ook vandag. Ek loof U my Verlosser en Here. U red my van die bose en reinig my en trek vir my 'n nuwe kleed aan. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel] 

No comments:

Post a Comment