Die HERE is ons Huweliksbevestiger,
ons Huwelik is veilig.
Die HERE se sorg maak ons
vergenoeg en
tevrede met die lewe.
Die Here maak ons rustig
te-midde van al
die gejaag en
chaos
in ons lewensgang.
Die Here lei ons na Sy plek
van vrede en vreugde
waar ons gees,
siel en liggaam kan rus.
Die Here gee ons krag vir elke dag.
Die Here gee ons die moed en durf
vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei ons veilig
deur moeilike en
gevaarlike
situasies en
plekke, ...
Nou weet ons,
ons kan altyd op
die Here vertrou!
Hy sal ons nooit
in die steek laat nie.
Sy Goedheid en
Trou volg ons
al ons dae soos
ons skaduwee ...
(Aangepas-ACRó12/03/2019)