Wednesday 18 September 2024

Mossiestilte: Gen. 32:31

En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup. 

Worstel jy met God op hierdie stadium? Die son sal vir jou ook opgaan. God se tyd is nie jou tyd nie. Vir hoe lank moes jy werk om te kon kry wat jy graag wil hê, en steeds, nadat God vir jou voorsien het, het jy nog steeds vrese. Bid die Here se seën af en sien hoe God in jou lewe werk. Dalk het jy ook merke, tekens, of mankheid as teken van jou worstelinge maar ook jou seëninge. 

Here, en Almagtige God, dankie dat u geregtigheid my gered het. Dankie vir u seëninge en dat ek nog deur u genade mag lewe. Met U het ek geworstel en U het my aangeraak. Tog twyfel ek selfs nog nadat U my gewys het hoe U vir my omgee en my wil seën. U son skyn weer oor my en U sorg vir my dag na dag. My lewe getuig van u goedheid. Ek kan die littekens wys. U is die ware en ewige God en Vader. U sal ek loof en prys en u goedheid bekend maak, oral waar ek gaan. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]