Sunday 22 September 2024

Mossiestilte: Ps. 18:29

Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar.

In jou donker tye sal God jou lamp aansteek sodat jy kan sien waar om te loop. God se lig word nooit geblus nie en is altyd gereed om jou lamp te laat skyn. Vul jou lamp gedurig op met olie sodat jou lamp nie uitgeblus kan word nie. Die Heilige Gees is jou lig vir jou pad en 'n jou lamp vir jou voet.

Here, my God, hoog en verhewe is u Naam bo die aarde. Laat die volke U loof en u Naam verhoog. U lig is sterker as al die sonne in die heelal. Met U loop ek nooit in die donker nie. U steek my lamp op en laat my sien in my donkerste uur. U lig bring vir my vreugde en gerustheid. Ek loof en prys u grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]