Wednesday 11 September 2024

Mossiestilte: Ps. 4:7

Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!

Staan jy in vertwyfeling oor jou lewe en besluite wat jy maak; laat God se lig toe om in jou lewe te skyn. God wil jou laat triomfeer vandag. God wil hê jy moet Hom ten volle vertrou  en toelaat dat sy wysheid jou lei. God wil hê jy moet die goeie sien en ervaar wat Hy jou wil gee; bid dit in geloof van Hom alleen. 

Here, Vader van goeie gawes, aan U wil ek al die eer gee vir my lewe tot waar ek reeds gekom het en nog sal gaan. Ek kom opnuut en gee my swakhede vir U; U sal my tekortkominge uitwis en aanvul. U verhoor my as ek u aanroep en my bekommernisse voor u voete lê. U neem my skandes weg en gee my onverdiende oorwinning deur u genade. Groter vreugde het U in my hart gegee as al die aardse vreugdes. Prys u grote en ewige, Almagtige Naam. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]