Tuesday 10 September 2024

Dink hieroor: Ek glo nie in tandartse nie ...

'n Meisie besoek die tandarts en hy sê vir haar die prosedure is voltooi. 
Sy antwoord: "Yes, thank God for that."
Die tandarts vra vir haar: "Wie in vandag se tyd, glo nog in God?"
Sy antwoord: "Ek glo in Hom."
Die tandarts sê: "Sien jy nie wat in die wêreld aangaan nie - hoe kan daar 'n God wees, terwyl daar soveel armoede, rampe, hartseer en ellende is?"
Die meisie kyk na hom en sê: "Wel, ek glo nie in tandartse nie!! As daar werklik tandartse was, hoekom is daar so baie mense met stukkende, gevlekte of bederfde tande?"
Die tandarts antwoord dadelik: "Wel, ek kan nie mense help wat nie na my toe kom nie."
Die meisie "boul" hom toe uit deur te sê: "Dit werk presies dieselfde met God. Hy kan jou nie help as jy nie bereid is om na Hom toe te kom en met Hom te praat nie.

[Dankie, Valerie, vir die aanstuur.]