Sunday 29 September 2024

Mossiestilte: Matt. 9:22

En Jesus het omgedraai  en haar gesien  en gesê: hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.

Wil jy Jesus vandag aanraak? Is jy moedeloos oor jou omstandighede? Christus is die Geneser en wil jou ook aanraak. Jesus wil vir jou hoop gee vir dié dag en wil net hê dat jy Hom moet vertrou en in geloof na Hom toe gaan.

Here, my God, ek kom met geloof na U dat U my redding sal skenk en my genees sodat U naam verheerlik kan word. Ek wil vanoggend uitreik en net die soom van U kleed aanraak. Met U wat die bose oorwin het en omdat U leef, sien ek kans vir vandag met al sy uitdagings. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]