Sunday 8 September 2024

Mossiestilte: Jes. 63:7

Ek sal die goedheid van die Here prys, die roemryke dade van die Here prys, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid ...


Wanneer laas het jy jou vrou geprys omdat sy pragtig is? Wanneer laas het jy jou man geprys omdat hy so sterk en manlik is? Nie net moet jy dít doen nie, maar ook jou God, en Koning, prys vir sy goeie dade aan jou en jou gesin en werk.

God laat niks gebeur sonder 'n rede nie en sal sy goedheid nooit onttrek van jou nie; sy genade sal jou altyd bybly en versterk, en in jou benoudheid, stuur Hy jou barmhartigheid met 'n engel vanuit sy koninkryk.

Dankie my grote God! In majesteit tel U my op en beskerm en verlos U my elke dag. Help my om nie wederstrewig te wees en u Heilige Gees te bedroef nie. O Heilige Gees, leer my en lei my en bevestig my in die weg van die Vader. Ek loof en prys u heerlikheid en heerskappy, o Almagtige Vader. Amen.