Sunday 2 June 2024

Mossiestilte: Jer. 31:25

Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Die Here wil ook jóú siel vandag verkwik en weer krag gee en oprig. Dit is die wil van God dat al sy kinders verkwik sal wees sodat sy Naam verheerlik kan word. God wil jou versadig met sy goedheid en wil sy barmhartigheid aan jou gee vandag. Berei jouself voor om aan tafel te sit met God se spys wat Hy vir jou voorberei het.

Here, U is wakker oor my, om my weer op te bou en weer te plant in u goedgunstigheid. My verwagting is van U en ek weet U het my deur u liefde en genade verlos van die bose en aan my die oorwinning gegee deur Jesus Christus. As ek moeg van bekommernisse is, sal U my weer vrede gee en my siel verkwik. Ek soek U koninkryk en u geregtigheid. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]