Sunday 9 June 2024

Mossiestilte: Luk. 24:45

Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.


Die vervulling van die profetiese woord en wat geskrywe is in die wet van Moses, asook in die Psalms, het klaar plaasgevind. God wil ook jou verstand vandag open om te verstaan wat jou doel hier op aarde is. Aanvaar die vergifnis van Jesus en bekeer jouself, verkondig die blye boodskap aan die mense. God gee sy genade vir jou om elke dag te lewe en die ewige lewe te beërwe.

Dankie Here, dat U my nuut gemaak het en dat ek elke dag in U genade kan lewe. Open my verstand Here, dat ek die Heilige Gees kan sien en ervaar in my lewe. Open my vestand dat ek die Skrifte kan verstaan; die profete en die Psalms, en te kan verstaan dat U die ewige lewe gegee het dat ek die ewige lewe kan beërwe. Noudat ek met krag uit die hoogte versterk is deur die Heilige Gees, kan ek die blye evangelie met moed en oortuiging aan almal op my pad bring. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]