Saturday 15 June 2024

Sopresep vir die naweek: Goue vrugtesop

Benodigdhede:

1 klein rooirissie, saadjies verwyder 
250 g gedroogde perskes
150 g gedroogde appelkose
30 ml bruinsuiker
500 ml water
500 ml halfsoetwyn
1,2 ml fyn neutmuskaat
2,5 ml fyn gemmer
30 ml suurlemoensap
250 ml skinkroom
grof gemaalde swartpeper

Metode:
Kap rooirissie fyn.
Plaas al die bestanddel (behalwe room en peper) saam in 'n kastrol.
Laat prut teen 'n lae hitte vir ongeveer 40 minute.
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Voeg 125 ml skinkroom by en puree dit in die voedselverwerker.
Skep in individuele bakkies en garneer met die res van die room.
Geur met swartpeper.

Wenk:
Hierdie sop kan warm of teen kamertemperatuur bedien word.
Bedien saam met 'n verskeidenheid brode,

Nataniël se kommentaar:
* Dis 'n eenvoudige dis met eksotiese ondertone.
* Die speling tussen soet en sout en die kontras tussen die romerigheid en die tikkie brand maak van hierdie sop 'n opwindende affêre.
* Sop wat nie 'n debat aan die gang kry nie, bly 'n treurige storie.

[Geleen: Sarie in samewerking met Clover, Nataniël kook vir vriende, September 2004, bl. 4]