Thursday 6 June 2024

Die engel ...

die engel het net vir my sit en wag
doodstil geduldig
hy't nie vir my die pad gewys nie
of 'n buskaartjie of airtime of 'n location pin 
gestuur nie
nee hy't net sit en wag
sodat ek self die lang harde pad kon loop
sodat ek my kop kon stamp waar ek hom moes stamp 
en die lesse leer wat ek moes leer
op die harde manier waar dit saakmaak
en ag hoe lucky kan mens wees
as 'n engel op die regte tyd
op die regte plek
net vir jou sit en wag
as 'n engel vir jou 'n klip uit die pad uit rol
as 'n engel jou vriend word

[Aangestuur deur Rozetta Venter! Waardeer!]